Vintage Tractors & Engines

Vintage Tractors & Engines Antieke, Veteraan, Ou Trekkers en Enjins

Join us for good Music and Fun. The VaalJapies from up North are visiting us.
02/05/2025

Join us for good Music and Fun. The VaalJapies from up North are visiting us.

Hoeveld Veteraan Trekker en Enjin Klub by die Tradisionele Mampoer Fees - 7 Junie 2025Die Hoeveld Veteraan Trekker en En...
16/04/2025

Hoeveld Veteraan Trekker en Enjin Klub by die Tradisionele Mampoer Fees - 7 Junie 2025

Die Hoeveld Veteraan Trekker en Enjin Klub is trots om vanjaar weer deel te wees van die ikoniese Tradisionele Mampoer Fees, wat al meer as 40 jaar lank by die Willem Prinsloo Landbou Museum plaasvind.

Hierdie geleentheid het 'n spesiale plek in ons harte en bied die perfekte platform om ons passie vir ou trekkers en enjins met die publiek te deel.

Ons nooi alle eienaars, ondersteuners en liefhebbers van veteraan landboumasjinerie uit om ons uitstalling van veteraan, oud en selfs ’n paar nuwe trekkers en enjins te kom beleef.

Dis ’n unieke kans om 'n kykie te kry na die ysterperde van vroeër jare — elkeen met sy eie storie, karakter en nostalgie. Of jy nou ’n kenner is of net ’n belangstellende besoeker, daar is iets vir almal om te geniet.

Wat hierdie jaar se Mampoer Fees nóg meer spesiaal maak, is dat besoekers ook deur die museum kan stap en van die oudste landboutoerusting in Suid-Afrika van naby kan besigtig.

’n Reis terug in tyd wat jou opnuut sal laat waardeer hoe ver ons tegnologie gevorder het.

Boonop bied die fees oor die 100 stalletjies, 'n splinternuwe Bier Tent en ’n Food Court waar jy onder andere van die beste gerookte vleise in die land kan proe.

Moet dit nie misloop nie – bring die familie en kom kuier saam! Kaartjies is vooraf beskikbaar by Quicket - https://qkt.io/mampoerfees

Ons sien uit daarna om julle daar te sien – trek aan, bring jou kamera en kom deel in die nostalgie!

Koop kaartjies en staan ‘n kans om vakansie of wegbreke in Dinokeng te wen.

Buy your tickets for the annual, Traditional Mampoer Festival and Mampoer Rally expo at Willem Prinsloo Agri Museum now....
31/03/2025

Buy your tickets for the annual, Traditional Mampoer Festival and Mampoer Rally expo at Willem Prinsloo Agri Museum now.

Get VIP Parking if you buy tickets.

Go to our Box Office at -

Kom geniet ‘n dag vol pret en tradisie by die Mampoer Fees! Vir meer as 40 jaar word dié gewilde fees gehou by die Willem Prinsloo Landbou Museum in Dinokeng Suid, net buite Pretoria.

Address

Willem Prinsloo Agricultural Museum
Pretoria
0132

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vintage Tractors & Engines posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Museum

Send a message to Vintage Tractors & Engines:

Share

Category