Nuuseum

Nuuseum Nuuseum maak die grootste digitale argief van Afrikaanse materiaal bymekaar en bewaar dit vir die toekoms.

Dit is aanlyn beskikbaar vir navorsing, kreatiewe projekte en nuuskieriges by nuuseum.media

Wat kan 130 jaar se sendingtydskrifte ons leer van die verlede?In samewerking met die NG Kerkargief Stellenbosch het Nuu...
20/08/2026

Wat kan 130 jaar se sendingtydskrifte ons leer van die verlede?
In samewerking met die NG Kerkargief Stellenbosch het Nuuseum meer as ’n eeu se sendingpublikasies gedigitaliseer. Die maandelikse publikasies De Zendingbode (1887–1896), De Zendingkerk/De Zendingbode (1905–1928), De Koningsbode (1902–1965) en Die Sendingblad (1965–1991) is nie net bronne oor binne- en buitelandse sendingwerk nie. Hulle dien ook as primêre bronne vir die bestudering van mense, gemeenskappe, taal, onderwys, sending, kolonialisme, apartheid en Suid-Afrika se verhouding met die res van die wêreld. Besoek Nuuseum se aanlynargief en ontdek self wat hierdie ou bladsye ons vandag nog kan leer.

Vandag by Nuuseum.‘n Paar koppies koffie, hope boeke en nog ’n dag se digitalisering.
06/08/2026

Vandag by Nuuseum.
‘n Paar koppies koffie, hope boeke en nog ’n dag se digitalisering.

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) het onlangs sy eeufees gevier—’n mylpaal wat getuig van meer as ’n eeu se n...
23/07/2026

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) het onlangs sy eeufees gevier—’n mylpaal wat getuig van meer as ’n eeu se navorsing oor Afrikaans.

Vir die afgelope jaar en ’n half werk Nuuseum aan die digitalisering van die WAT se korpusversameling. Die projek sluit boeke, verslae en ander bronmateriaal in wat oor dekades versamel is om die WAT se leksikografiese navorsing te ondersteun.

Tot dusver het ons reeds byna 1,5 miljoen bladsye geskandeer. Dit is die omvangrykste digitaliseringsprojek waaraan Nuuseum nog gewerk het.

’n Foto, maar nie soos ons dit vandag ken nie.Hierdie gesin kom van ’n glasplaatnegatief, ’n vroeë fotografiese proses w...
05/05/2026

’n Foto, maar nie soos ons dit vandag ken nie.
Hierdie gesin kom van ’n glasplaatnegatief, ’n vroeë fotografiese proses waar beelde op glas vasgevang is, lank voor film en digitale fotos.
Die sagte groen pigment is met die hand aangebring om lig en skadu te manipuleer. ’n Fyn vorm van “redigering,” dekades voor Photoshop ooit sou bestaan.
Hierdie beeld is deel van die Gribble-versameling: meer as 35 000 glasplaatnegatiewe wat ’n besonderse blik bied op Paarl en omliggende gebiede tussen 1850 en 1920.
En nou begin ’n nuwe fase van hierdie geskiedenis — digitalisering, sodat hierdie beelde nie net bewaar word nie, maar weer gesien, gelees en herbed**k kan word.

Nuuseum was die wenner van die eerste Zeutschel-toekenning vir Uitnemendheid in Digitalisering!Van links na regs:• Chris...
30/03/2026

Nuuseum was die wenner van die eerste Zeutschel-toekenning vir Uitnemendheid in Digitalisering!

Van links na regs:
• Christian Hohendorf (Eienaar en HUB, Zeutschel GmbH)
• Dr Lizabé Lambrechts (HUB, Nuuseum)
• Johann Vosloo (Bedryfshoof, )

Hierdie toekenning erken uitnemende digitalisering van kulturele erfenis- en dokumentêre materiaal, met besondere klem op gehalte, volhoubaarheid en langtermyn-bewaring.

✨Beleef Nuuseum se bekendstelling vanaand op Bravo! @21:00h op kykNET ✨
29/01/2026

✨Beleef Nuuseum se bekendstelling vanaand op Bravo! @21:00h op kykNET ✨

27/01/2026

🎬 Nuuseum op Bravo!

Kom skuif Donderdagaand nader en wees deel van die bekendstelling van Afrikaans se nuutste digitale argief.

📺 Bravo!
🗓 Donderdag
⏰ 21:00
📡 kykNET (kanaal 144)

✨Nuuseum se 2025✨Van ons eerste grootskaalse digitaliseringsprojekte tot ’n openbare bekendstelling — hierdie jaar het o...
18/12/2025

✨Nuuseum se 2025✨

Van ons eerste grootskaalse digitaliseringsprojekte tot ’n openbare bekendstelling — hierdie jaar het ons Afrikaanse erfenis verder oopgemaak, beskerm en gedeel.

2026 belowe nóg vele meer🥳

🔎Opsoek na iets spesifieks vanuit die argief?Nuuseum se aanlyn platform laat jou toe om woord vir woord deur duisende hi...
16/12/2025

🔎Opsoek na iets spesifieks vanuit die argief?

Nuuseum se aanlyn platform laat jou toe om woord vir woord deur duisende historiese tekste te soek. Met gevorderde outomatiese dokumentontleding omskep ons argiefmateriaal in soekbare teks wat navorsing beide en meer toeganklik maak, insluitend vir mense met sigprobleme.

Met een soektog kan jy navorsing doen oor spesifieke persone, of selfs daardie skoolsportfoto van 1960 opspoor. Reeds meer as 200 000 items is beskikbaar, onder andere ’n groeiende versameling koerante wat voorheen deur Perskor uitgegee is.

Hou dop! Volgende jaar brei ons die argief verder uit met foto’s en oudiovisuele materiaal.

✨Nuuseum se visie✨Ons werk aan 'n gevorderde soekenjin wat taalmodelle gebruik om komplekse vrae aan argiefmateriaal te ...
10/12/2025

✨Nuuseum se visie✨

Ons werk aan 'n gevorderde soekenjin wat taalmodelle gebruik om komplekse vrae aan argiefmateriaal te stel.

Vrae soos:
“Hoe is vroue geteiken in advertensies vir gesondheidsprodukte, en hoe het dit deur die jare verander?”
of
“Hoe het kommoditeitspryse gereageer op sanksies in die 1980’s?”

Ons bou aan 'n argief wat nie net lê en wag nie, maar een wat saam sy gebruikers d**k, leer en groei.

Address

Stellenbosch

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nuuseum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Museum

Send a message to Nuuseum:

Shortcuts

Share

Category