Afrikaner Geskiedenis

Afrikaner Geskiedenis Op hierdie blad plaas ek inligting oor die "groot", maar veral ook die "klein" geskiedenis van die Afrikaner. Vir o.a. O.a. Soos bv.

Africana boeke te koop gaan na my Boekmakierie Boekwinkel by https://bit.ly/4bkaRjN Die rede waarom ek hierdie blad geskep het is omdat ek baie lees en navorsing doen oor die geskiedenis van Suid-Afrika en veral ook die Afrikaner. uit 'n groot versameling boeke wat ek besit. Soms kom ek op interessante stories af wat ek graag wil deel met ander mense. die storie van die "Sterkman" Tromp van Diggel

en wat in sy outobiografie vertel hoe Paul Kruger met sy koets by hom en sy sussie in een van Pretoria se strate gestop het en toe in die gesprek wat gevolg het o.a. vir hulle geΓ―llustreer het hoe hy, nadat sy geweer tydens 'n jagtog ontplof het, sy vergruisde duim met sy mes afgesny het. Van die inligting wat ek hier plaas het ook betrekking op my eie familie. Stories waar hulle en van hulle familie - soos broers, neefs en ooms - as gewone mense deelgeneem het aan belangrike en ook minder belangrike historiese gebeurtenisse. Een van my groot passies is om familienavorsing te gebruik om te wys dat geskiedenis nie dood is nie. Dood soos wat baie mense glo geskiedenis is o.a. omdat hulle 'n afkeur daarin ontwikkel het sedert skooldae. Die volgende aanhaling uit die teks op die tuisblad van my webtuiste by www.gendata.co.za illustreer die punt met 'n voorbeeld:

" 'n Dame met die van Wepener het jare gelede vir my vertel dat haar laerskooldogter geen belangstelling in geskiedenis gehad het nie. Op 'n dag vertel sy vir haar Pa dat sy van die bekende Louw Wepener (wat in 'n geveg met Basoeto's gesneuwel het) in die skool geleer het. Haar Pa vertel toe aan haar dat Louw Wepener een van haar voorsate was. Sedert daardie dag het sy nie net in haar voorsate se geskiedenis belanggestel nie, maar het sy ook 'n belangstelling ontwikkel in Geskiedenis as vak."

10/04/2026

Dit is met leedwese dat die Buro van die WAT verneem van dr. Johan du Plessis (85) se afsterwe vanoggend. Dr. J.C.M.D. du Plessis het sy loopbaan by die π‘Šπ‘œπ‘œπ‘Ÿπ‘‘π‘’π‘π‘œπ‘’π‘˜ π‘£π‘Žπ‘› 𝑑𝑖𝑒 π΄π‘“π‘Ÿπ‘–π‘˜π‘Žπ‘Žπ‘›π‘ π‘’ π‘‡π‘Žπ‘Žπ‘™ begin met sy aanstelling as tegniese assistent op 1 Julie 1963. Hy is op 1 Februarie 1965 tot mederedakteur en op 1 Oktober 1981 tot senior mederedakteur bevorder. Op 1 Januarie 1985 is dr. Du Plessis aangestel as assistenthoofredakteur. In 1990 is ’n nuwe organisasie- en personeelstruktuur by die Buro geΓ―mplementeer en word dr. Du Plessis die eerste eindredakteur van die π‘Šπ΄π‘‡. Met diΓ© pos is die funksionele beplanning van en beheer oor die redaksionele bewerking en manuskripontwikkeling in sy hande geplaas. Onder sy redaksionele leiding verskyn dele IX, X en XI. In 1997 neem hy die redakteurskap van die internasionale vaktydskrif 𝐿𝑒π‘₯π‘–π‘˜π‘œπ‘  oor. Hy was ook redakteur van 𝐷𝑖𝑒 π‘™π‘’π‘˜π‘ π‘–π‘˜π‘œπ‘”π‘Ÿπ‘Žπ‘Žπ‘“ π‘Žπ‘  π‘’π‘˜π‘ π‘’π‘”π‘’π‘’π‘‘, ’n werk oor die lewe, opstelle en lesings van dr. F.J. Snijman wat in 1995 as deel van die AFRILEX-reeks gepubliseer is.

Dr. Du Plessis het op 31 Desember 2000 as eindredakteur van die π‘Šπ΄π‘‡ en in 2010 as redakteur van 𝐿𝑒π‘₯π‘–π‘˜π‘œπ‘  uitgetree. Hy het egter voortgegaan met sy leksikografiese navorsing en was tot verlede week nog op kantoor. Dr. Du Plessis sal veral onthou word vir die onselfsugtige wyse waarop hy die Suid-Afrikaanse en internasionale leksikografie gedien het, en sy stille teenwoordigheid sal deur almal by die Buro gemis word.

Address

10 De Laan 33
Bellville
7530

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Afrikaner Geskiedenis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Museum

Send a message to Afrikaner Geskiedenis:

Share

Category