04/09/2026
🎤 Streeks-museumtoespraakkompetisie 🎤
Baie dankie aan elke leerder wat met soveel entoesiasme, moed en toewyding aan ons Streeks-museumtoespraakkompetisie deelgeneem het. Ons is trots op elkeen van julle wat bereid was om julle stemme te laat hoor en voor ’n gehoor op te tree. 🌟
’n Spesiale gelukwensing aan ons twee wenners, Mischa Baadjies en Zeetah Afrika! 🏆🎉 Ons wens julle baie sterkte en sukses toe met die Provinsiale museumtoespraakkompetisie.
Ons wil ook graag Neca Damon bedank en gelukwens met haar deelname. Dit verg baie moed om voor ander op te tree, en ons is trots op die moeite en toewyding wat sy gewys het. 🌷
Ons is trots op julle en wens julle alles van die beste toe! 👏✨