06/09/2026
𝐌𝐞𝐭 ’𝐧 𝐥𝐢𝐞𝐝 𝐢𝐧 𝐝𝐢𝐞 𝐡𝐚𝐫𝐭
“... Laat die Gees julle vervul, en sing onder mekaar Psalms, Lofgesange en ander Geestelike liedere: Sing met julle hele hart tot eer van die Here.” - Efesiërs 5:18-19
Die lied en dankbaarheid vir verlossing gaan hand aan hand. ’n Mens wat nie sing nie, is soos ’n lente sonder bloeisels, ’n wêreld sonder voëlsang of ’n dag sonder sonskyn. Want ’n dankbare hart vind rede om te sing en waar daar sang is, is daar vreugde. ’n Dankbare mens is immers ’n singende mens, en ’n singende mens dra ’n blydskap in sy hart wat nie noodwendig deur sy lewensomstandighede bepaal word nie.
Oral in God se skepping is daar sang en musiek vir dié wat bereid is om te luister: die wind wat deur die bome suis, die ritmiese deining van die branders, die gekletter van reëndruppels teen die ruit en die sagte beweging van graanlande in die wind.
Die natuur sing uit duisend monde die lof van God.
Miskien is dit juis vandag ’n uitnodiging aan ons: om vir ’n oomblik stil te word, mooi te luister en weer rede te vind om dankbaar saam te sing. 🌿🎶☀️
🤍 Geseënde Sondag.
Bron: 𝘞𝘢𝘯𝘥𝘦𝘭 𝘥𝘦𝘶𝘳 𝘥𝘪𝘦 𝘎𝘦𝘦𝘴 deur Solly Ozrovech